Jaarboeke

Algemene mikrobiologie 260


 
Modulekode BLG 260
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud Algemene anatomie en morfologie van bakterieë, virusse en swamme. Basiese voedingsbehoeftes van mikro-organismes en die invloed van omgewingsfaktore op groei van mikrobes. Mikro-organismes as noodsaaklikke komponente van ekosfere: plant-, water- en grond-ekosisteme. Voedselbederf, voedselvergiftiging en preservering van voedsel deur mikro-organismes. Basiese beginsels van ontsmetting, sterilisasie en beheer van mikrobes; tegnieke vir onderdrukking van mikrobe-groei: sterilisasie deur gebruik te maak van hitte, bestraling, filtrasie, chemikalieë, vermindering van getalle.
Modulekrediete 8.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesings per week, 1 praktiese sessie per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Departement Mikrobiologie en Plantpatologie
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences